079 4199 276
theowl@onverwag.org.za
Oor Onverwag
Vind meer uit oor jou gemeenskap en jou buurtwag.
'n Saamstaan Gemeenskap
Dit is waar dat die gemeenskap wat deur Onverwag bedien word grotendeels uit afgetredenes en pensioenarisse bestaan. Hierdie groep bevind hulself gereeld in die visier van misdadigers, maar tog is hulle nie die enigste lede van die gemeenskap wat daardeur geraak word nie. Nou dat al meer skoliere en werknemers aanlyn werk het gesinne met jonger kinders die geleentheid aangegryp om die besige stadslewe vir ‘n rustiger lewenstyl – langs die see, nietemin – te verruil. Ongelukkig word hierdie idilliese leefstyl ook nou en dan bedreig deur ‘n slang in die gras… Misdaad is hier ook ‘n realiteit. Onverwag is in 2015 gestig in ‘n poging om die gemeenskap bewus te maak, maar ook toe te rus om misdaad uit te roei.
Ons Hou Altyd 'n Ogie
Aan die stuur van Onverwag se sake is ‘n span uiters toegewyde vrywilligers wat hulle tyd en talente gebruik om seker te maak alles verloop seepglad. Hulle sien om na die dag-tot-dag bedrywighede van die buurtwag, sowel as Onverwag se verhoudings met ander wetstoepassingsagentskappe en nie-winsgewende organisasies.
Onverwag het aanvanklik net van aktiewe patrollering gebruik gemaak, met opgeleide patrolleerders uit die gemeenskap. Danksy die vrygewigheid van ‘n groep inwoners se skenkings kon 26 kameras geïnstalleer word en Cam Live Vision het ons ‘n afslag op die 24/7 monitering aangebied. Die kombinasie van al hierdie faktore het gelei tot ‘n drastiese verlaging van die misdaadsyfer en die arrestasies van ‘n indrukwekkende aantal misdadigers.
Ongelukkig is dit onmoontlik om hierdie tipe diens te verskaf sonder om onkostes te beloop. Daarom het Onverwag die voortou geneem toe dit nodig was om ‘n Spesiale Aanslaggebied (Special Rating Area / SRA) te skep. Ons weet dit klink aanvanklik gekompliseerd, maar glo ons as ons sê, dit is eintlik heel eenvoudig. Die Onrus Vermont Spesiale Aanslaggebied (OVSAG) werk so: Elke eienaar van eiendom in die area betaal ‘n maandelikse heffing bo-op hulle gewone munisipale heffing en so word die fondse ingesamel om te betaal vir die 24/7 CCTV monitering. Al die inwoners kan rustig slaap in die nag, wetende Onverwag sal ‘n ogie hou.
Uitvoerende Komitee van Onverwag
Anne Droomer
Voorsitter
Eddie Holloway
Ondervoorsitter
Vanessa Sutherland
Sekretaresse
Gray Thomason
Tesourier
Eddie Holloway
Sekuriteit
Coenie Groenewald
Patrollering
Zahn Du Toit
Lidmaatskap
Michiel De Kock
Gemeenskap
Jean Orban
Kommunikasie
Kontakbesonderhede
079 4199 276
theowl@onverwag.org.za
Posbus 89, Onrusrivier, 7201
NPO Registrasie: 165-758 NPO
DOCS Akkreditasie: DCS 15/18/040
Lid van die Hermanus Polisieforum
Noodnommers
Hermanus Polisie
028 313 5300
Wetstoepassing
028 313 8996
Ambulans
10177
Alle Regte Voorbehou – Onverwag Buurtwag 2024 – Kopie en redigering deur Westhouse Media Webwerf deur Whale Coast Digital