079 4199 276
theowl@onverwag.org.za
Gesels Saam
Dit is maklik om ingelig te bly.
Onverwag Facebook Blad
Volg ons op Facebook vir nuusbrokkies
WhatsApp Groep
Maak seker die nuus bereik jou onmiddellik – lede sluit aan by die Onverwag WhatsApp groep.
Stuur 'n E-pos
Ons antwoord graag jou vrae op theowl@onverwag.org.za
Misdaad sal heelwaarskynlik altyd ‘n realiteit wees in ons gemeenskap. Maar soos die tye verander, verander die aard van die misdade waarvoor ons moet uitkyk. Juis as gevolg van tegnologiese ontwikkeling ervaar ons tans ‘n skerp styging in aanlynmisdade in ons gemeenskap.
Om dit te bestry het Onverwag ‘n algemene vergadering gehou om bewusmaking te kweek oor die probleem. Daarna het hulle ‘n reeks Cell Savvy werkswinkels geloots om ouer gemeenskapslede raad te gee oor hoe om hulle toestelle op ‘n veiliger manier te gebruik en makliker raak te sien wanneer iemand hulle probeer verneuk. Dit is ‘n voordurende proses omdat die skelmstreke feitlik daagliks ‘n ander vorm aanneem. Hou ‘n ogie op die Nuutste Nuus bladsy van ons webwerf vir wenke oor hoe om jou aanlyn sekuriteit op te skerp.
Onverwag was in die voorste linie toe daar rampbestuur toegepas moes word na die onlangse vloede in die Overbergstreek. Ons het nou met die munisipaliteit saamgewerk in hulle pogings om elektrisiteit en lopende water na inwoners se huise te herstel. Ons het ook getrou die gemeenskap op hoogte gehou van enige verwikkelinge deur middel van ons interaktiewe WhatsApp groepe en sosiale media.
Dit het nuus ingesluit oor die herstel van elektrisiteit- en waterverbindings, as ook watter paaie in die omgewing toe, of onbegaanbaar, was. Aangesien meeste van die paaie in en uit Hermanus deur die storms beïnvloed is, was dit op sig self ‘n uitdagende taak.
In die nadraai van die vloede het Onverwag die gemeenskap ingelig oor hoe om die waterbeperkings wat gevolg het te hanteer, aangesien dit toe bleik dat die krisis langer gaan neem om op te los. (Sien gerus ons speellys van 2-minuut stort liedjies.) Daarna het die groot opruimingsproses begin. Onverwag het weereens saamgespan met gemeenskapslede, plaaslike besighede en ander organisasies om die Onrus River Restoriation Group (OGGR) te stig. Ons ondersteun die OGGR met die hertel van Onrusstrand en die groter kuslyn area. Die opruimingsproses word benut as ‘n werkskeppingsgeleentheid aangesien plaaslike mense aangestel word om te help met die handearbeid. Saam sal ons ons pragtige kuslyn herstel tot sy voormalige skoonheid. Weereens ‘n voorbeeld van hoe ons gemeenskap na mekaar omsien.
Meer Oor Ons Gemeenskap
Onverwag gee diep om vir die gemeenskap. Hierdie omgee neem verskeie vorme aan. Dit is hoofsaaklik ‘n buurtwag wat omsien na Onrus, Vermont, Berghof en Chanteclair. Verder loots ons ook gereeld bewusmakingsveldtogte om vrees uit te roei onder inwoners en hulle, in die plek daarvan, met kennis oor misdaad en beveiliging te bemagtig. ‘n Voorbeeld hiervan is die werkswinkels oor selfoonveiligheid en aanlyn bankdienste wat ons aanbied. Verder doen ons ook moeite om straatslapers se waardigheid te bevorder met skenkings van toiletware. Ons verkoop ook koepons vir die Hermanus Nagskuiling – kontak ons gerus as jy graag hierdie inisiatief wil ondersteun.
Al die nuutste nuus uit jou woonbuurt, misdaadbekampingswenke en gebeure wat jy nie moet misloop nie – alles saamgevat op een gerieflike platform.
HUMAN TRAFFICKING: MODERN DAY SLAVERY
“Through force, fraud, and coercion, people everywhere are being bought and sold against their will–right
Chairmans Report: Financial Year 1 December 2022 to 30 November 2023
The focus of CARING AND SHARING remained the focus for the year under review.Crime trends
Treasurer Needed
If you are a financially minded friend of the Onverwag Owls, we might just have
Kontakbesonderhede
079 4199 276
theowl@onverwag.org.za
Posbus 89, Onrusrivier, 7201
NPO Registrasie: 165-758 NPO
DOCS Akkreditasie: DCS 15/18/040
Lid van die Hermanus Polisieforum
Noodnommers
Hermanus Polisie
028 313 5300
Wetstoepassing
028 313 8996
Ambulans
10177
Alle Regte Voorbehou – Onverwag Buurtwag 2024 – Kopie en redigering deur Westhouse Media Webwerf deur Whale Coast Digital